Saturday, April 3, 2010

Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor

Die nuwe Suid-Afrika - Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor
 


Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor



2010-04-03 22:48

Amy Johnson

Kaapstad - Die AWB-leier Eugene Terre'Blanche is Saterdag op sy plaas in Ventersdorp deur plaaswerkers vermoor, het sy dogter Bea Terre'Blanche aan Nuus24 bevestig.

Terre'Blanche is op Maandag 31 Januarie 1944 in Ventersdorp in die Noordwes gebore. Hy het op 7 Julie 1973 met slegs ses geesgenote die AWB gestig.

Terre'Blanche is net na 18:00 in sy slaap met pangas op sy plaas aangeval. Niks is gesteel nie.
Me. Terre'Blanche het gesê hulle het die tyding by familievriende gekry en dat dit 'n groot skok vir die familie was.

"My pa het soms alleen op die plaas gaan slaap om na die diere te kyk. Dit was vir ons 'n geweldige skok om te hoor hy is dood."

Me. Terre'Blanche woon in die dorp.

Sy het gesê die familie vermoed twee of meer mense het haar pa vermoor.

"Die polisie het twee mense in hegtenis geneem, maar dit is al inligting wat ons in dié stadium het."

Sy het gesê begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar sal Sondag bespreek word.

– Nuus24

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/a1b656025be8446db493e8e625b88d97/03-04-2010-10-48/Eugene_TerreBlanche_op_sy_plaas_vermoor
Eugene Terre'blanche murdered

2010-04-03 23:02

Cape Town - AWB leader Eugene Terre'blanche was murdered on his Ventersdorp in the North West on Saturday evening.

According to the AWB's André Visagie, Terre'blanche was beaten to death with pipes and pangas on his farm Villanna (meaning 'the home of Anna').

His body was found at about 18:00. According to a report on Fromtheold.com, Terre'blanche was apparently still alive when police got to him but later died.

He was asleep at the time of the attack.

Police found a panga and knobkerrie next to Terreblanche.

Visagie said Terre'blanche was beaten so badly "he didn't look like Eugene anymore".

The AWB leader was alone on the farm at the time of the attack.

Visagie said that Terre'blanche's only security were his dogs which were "neutralised".

A 16-year-old and 21-year-old who apparently worked for Terre'blanche were arrested, police spokesperson Captain Adéle Myburgh said.

- News24

Source:News24
http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/9099cbce944245f3bfefc51557252256/03-04-2010-11-02/Eugene_Terreblanche_murdered

No comments: